Die gemeente van YHWH, Jerusalem verwelkom u.


Tuis

 Bekendstelling:

Doelwitstelling
Leerstellings
Ministeries
Dienste / Kontak

Vir aflaai...

Wêreldnuus
Feeste
Skool

Gebed
Informasie vanuit Israel

LEERSTELLING

Ons glo dat Yahweh 'n familie naam is wat bestaan uit Yah Yahweh die Vader en Yahshua Yahweh die Seun. Yahweh die Vader en Yahshua Yahweh die Seun is twee afsonderlike wesens, alhoewel een in gedagte, verstand en liefde en word deur die Heilige Gees verbind. Gen 1:26 en Gen 19:24 is slegs twee van die menigte teks verse wat hierdie dualiteit van wesens aandui. In Deut 6:4 staan geskryf: " Yahweh Elohenu, Yahweh Echad "(verenig, hoogste, aleenlik). Die Hebreeuse woord "echad" gee vir ons die aanduiding van Yahweh se dualiteit. Yah Yahweh is die Vader en is groter as Yahshua die Seun (Joh 5:30, Matt 19:7) in beide krag en gesag, maar ons word beveel om Yahshua te eer soos ons die Vader eer (Joh 5:23).

Yahshua is die boodskapper van Yahweh die Vader in die Tanach (Ou Testament) Jes 42:1, Eks 3:2, Gen 18:1-33, Ps 110, Ps 45:1-8, Ps 2:1-7 en ook Sy Seun (Spr 30:4). Die Hebreeuse woord " Malak " wat in die meeste gevalle as engel vertaal word, beteken letterlik boodskapper Selfs mans word in die Bybel na verwys as 'n "Malak" (2 Sam 11:19). Yahshua was die Malak (boodskapper) van Yah Yahweh, maar is nie 'n engel nie (Heb 1:5,13), maar is ook Elohim (Joh 1:1-13).

Alle mense is sondaars en wag om geoordeel te word tot die ewige verdoemenis vir ons sondes (Rom 3:10-20, Ps 05:19, Ps 10:7, Ps 14:1-3). Deur die liefde wat Yahshua aan ons betoon het terwyl ons nog sondaars was (Joh 3:16, Rom 5:8) het Yahweh die vader het Sy enigste Seun Yahshua Yahweh, die Boodskapper van die verbond, vir ons sondes laat sterf, sodat ons skuldbrief teen ons (Kol 2:14) aan die boom vasgespyker was met Sy dood. Indien die sondaar sy sonde opreg berou, glo in Yahshua se offer vir die vergifnis van sondes, gedoop word in die naam van Yahweh en daarna die hande opgelê word deur 'n ouderling vir die oordrag van die Heilige Gees, glo ons dat ons vanuit die dood verwyder word en die ewige lewe erf omdat ons sondes vergewe word en vrygekoop word van die straf van die ewige dood. Deur opregte berou van ons sonde, moet ons totaal afstand doen, met ander woorde, bekeer van die ou sondige natuur en ons die aard van Yahweh nastreef en navolg.

Ons word gered deur die genade van die verbond van geloof. Daar is niks wat ons kan doen om ons redding te verdien nie. 'n Goeie daad kan nie 'n slegte daad (sonde) regverdig nie. Slegs deur die aanvaarding van die bloed van Yahshua wat ons van die doodsvonnis vrygekoop het, kan ons gered word.

Ons glo, wanneer ons gered word moet ons wandel as nuwe mens (Rom 6:1-23) nie meer sondig nie (Lukas 13:1-5, Joh 8:11)en luister na Yahweh se Torah. Ons gehoorsaam nie die Torah om gered te word nie omdat ons alreeds Yahshua se bloed aanvaar het vir die vergifnis van sondes, daarom is ons gered. Ons gehoorsaam die Torah tot eer van ons Hemelse Vader. Verder leer dit ons om te onderskei tussen reg en verkeerd (Psa 119:105.) Deur te hou aan Yahweh se gebooie betoon dit aan Hom dat ons Hom waarlik liefhet (1 Joh 2:2-4) en hierby ingesluit is die Derde Gebod wat sê dat Yahweh se naam nie verander mag word nie.

Die Sabbatdag word geheilig, omdat dit eer betoon aan Yahweh en Yahshua as Skeppers van die heelal en ons glo dat dit 'n teken van Hom af is tussen Hom en Sy kinders. (Eks 31:12-19) Ons eerbiedig Sy Heilige afsprake soos uiteengesit in Levitikus 23. Die hoofstuk spreek van die Vader se verlossingswerk met die mensdom moontlik gemaak deur die bloed van Sy Seun.

'n Ware gelowige word uitgeken aan sy ware vrugte (Matt 7:17-23) en liefde onder mekaar (Joh 13:34-35). 'n Ware gelowige het selfs sy vyande lief (Matt 5:44:48)sien om na die belange van behoeftiges en sorg vir die weeskind en weduwee. Hy begeer nie geld en ander wêreldse dinge nie, inteendeel sy hart isinge- stel op die bediening en wil van Yahweh. Hy veroordeel ander nie omdat hy weet dat hy self 'n behoefte het aan die Vader se genade daarom vergewe hy die wat hom kwaad- gesind is. Die liefde is die belangrikste kenmerk van 'n ware gelowige, nie sy uitge- breide kennis nie. 'n Ware gelowige sal Yahshua se slaaf word en sal sy heil met ander deel. (2 Kor 5:14-21) Die koninkryk van YHWH is eerste in sy lewe, nie Mammon nie (Matt 6:24,33).

Ons glo dat Yahshua na die aarde gaan terugkeer vir 'n letterlike 1000 jaar heerskappy sodat Sy Koninkryk vir ewig sal voortgaan. Die wat in die ware geloof getrou volhard tot Sy wederkoms sal uit die dood opgewek word en saam met Hom op aarde regeer as konings en priesters (Openbaring 5:10). Die goddelose sal veroordeel word en in die poel van vuur sterf. Wanneer Yahshua terugkeer sal Hy die Huis van Juda en die huis van Josef verenig (Esegiël 37). Die Vader werk nogsteeds met die Nasie van Israel en as gelowiges moet ons fokus op die roeping van die verlore skape van die Huis van Israel. Wanneer iemand van die Nasies tot geloof in Yahshua geroep word, onder die water gedompel word het hy ook deel van die nageslag van Abraham en is 'n erfgenaam van die Koninkryk.




Congregation of YHWH
P.O. Box 832
Carteret, NJ 07008

Laaste verander: Aug 2023Rig tegniese navrae aan: E-Mail