Die gemeente van YHWH, Jerusalem verwelkom u.


Tuis

 Bekendstelling:

Doelwitstelling
Leerstellings
Ministeries
Dienste / Kontak

Vir aflaai...

Wêreldnuus
Feeste
Skool

Gebed
Informasie vanuit Israel

Ministeries

Wees gegroet in Yahshua se Naam.  Van die gemeentelede was in die gesëende posisie om na Kenia te gaan.  'Elder' Duggar van die 'Church of God 7th Day' het in 1971 'n gemeente in Kenia gestig. Vandag is daar 'n paar duisend gemeentelede.   Mnr. Duggar het Herbert Armstrong in 1931 geordoneer en in 1975 gesterf.  Ons verblyf in Kenia het elkeen in die groep op verskillende maniere aangeraak.   Die broeders is baie arm, maar tog is hulle begeesterd en gelukkig in hul doen en late.  Meeste families het nie geriewe soos elektrisiteit, lopende water of 'n binnenshuise toilet nie, maar niemand het daaroor gekla nie. Die vrouens is hardwerkend.   Hul begeesterde houding was 'n les vir ons dat materiële seëninge nie altyd 'n ware aanduiding van 'n mens se geestelike toestand is nie.   Hul lewens het as getuienis vir ons gedien.   Amper daagliks het ons na 'n ander gemeente gegaan in publieke vervoer wat hulle 'Mutatos' noem.   Dit is 'n 10 passasier minibus waarin 22 tot 25 mense ingeprop word.   Die mense het vir ons vertel dat voor die regering publieke vervoer wetgewing strenger toegepas het, het daar selfs mense bo-op die dak van die minibus gesit, weereens sonder klagte.    'n Jong dogtertjie het 6 maande vir ons gewag net om dankie te sê vir een rokkie wat sy in 'n welwillendheids besending ontvang het.  Hul nederigheid sal nooit vergeet word nie.   nbsp;  Ons was in die gesëende posisie om teenwoordig te wees vir die indompeling (doop) van 15 nuwe familielede in die gemeente van Yahweh.

Ons is vasbeslote om voort te gaan met die werk onder die Kenia broeders sodat hulle gehelp word met hul grootste probleme van werkloosheid (ongeveer 80%) en die opvoeding van hul kinders.  Pogings word aangewend om 'n projek te begin wat die Keniane in staat sal stel om 'n eiendom te bekom vir die bou van 'n skool waarvandaan hulle ook sal kan werk om 'n inkomste te genereer, asook 'n plek om hul kinders en ander Keniaanse kinders op te voed in die weë van Yahweh.   Indien die eiendom gekoop kan word sal die skool geprivatiseer wees sodat hulle kurrikulum op Yahweh se weë gebaseer word, asook hulp kan verleen aan ander behoeftige Afrika broeders.   Dit sal die gemeente in Kenia op veilige grond plaas met die Keniaanse regering.   Godsdienstige vryheid is die amptelike beleid van Kenia, maar die wat die Sabbat hou word nie werklik aanvaar nie en die Sabbat is ook nie 'n wettige instelling nie.  Die skool as hoofkwartier kan die gemeentelede beskerm teen toekomstige vervolging, maar die hoofdoel sal wees om hul kinders te leer lees sodat hulle die Bybel kan lees.   Nagenoeg $10,000 tot $15,000 word benodig om 'n eiendom te koop asook om die skool te bou.  Dit sal ook gebruik kan word om voortvlugtige broeders en susters van Soedan, Ethiopië, and Uganda te huisves.   Verder sal daar ook geldelike hulpverlening gestuur word vir evangelisering aan gemeentes wat alreeds gestig is in Ethiopië, Uganda and Soedan.   Tydens ons verblyf in Kenia het ons 'n geordende ouderling van Soedan ontmoet wat hul nood met ons meegedeel het.   Jonk en oud sterf van diarree, hongersnood en ander siektes.   So arm as wat die Keniaanse broeders is het hulle geld gegee aan die behoeftiges in Ethiopië  Namens die gemeente van Yahweh het ons ook 'n donasie aan die Ethiopiese gemeente geskenk.  As gevolg van burger oorloë en droogte is die Ethiopiërs en Soedanese desperaat vir hulp.   Menigte het vanuit hul eie land gevlug maar is tans woonagtig in vlugtelingkampe wat deur die VN beheer word.  In ons nuusbrief sal jy meer kan lees oor die gruwelike gebeure in Uganda en Soedan.

Hierdie projek word genoem: "Projek Afrika"  Ons doelwit is om Kenia self onderhoudend te maak binne 12 maande.  Die Keniane is hardwerkend en wil nie net aan die ontvangkant van welwillendheid bly nie.  Hulle het eerlikwaar net 'n klein hupstoot nodig van broeders rondom die wêreld wat in gesëende posisies is om hulp te kan verleen.    Ons het die geleentheid om nie net broeders in nood te help nie, maar letterlik die lewens te verander van duisende Afrika broeders in daardie omgewing.  Soos ek vir hulle gesê het, is dit 'n lewensbelangrike situasie.


Indien enigeen 'n bydrae wil lewer, merk dat jou geldelike offer vir die Kenia projek is  Ek en my vrou, Petra, is volkome daartoe verbind om op enige moontlike manier te help..  Die liefde en toewyding van die Afrika broeders het ons lewens aangeraak in 'n manier wat woorde nie kan oordra nie.   Ons bedank julle vir jul gebede en ondersteuning aan die Afrika broeders.

"Die Fillipyne: (Maart 2006)" "Persoonlik... " Voor die besoek aan die Fillipyne het ons eers besoek afgele by 'n Messiaanse gemeente, El Shaddai, in Seattle Washington. Daar was ongeveer 150 Broeders teenwoordig wat die dag saam met ons spandeer het. Die volgende dag het ons 'n seldsame geleentheid aanvaar om 'n Sondag vergadering by te woon in die Seattle omgewing. Yahweh se Heilige Gees was werksaam met daardie groep. My boodskap het gehandel oor die Torah en dat dit van alle tye bindend is maar verander was deur die moderne Christendom en ver verwyderd is van die oorspronklike gebruike van die ware gelowiges, insluitend die verandering van die Sabbat-dag tot Sondag. Die boodskap was goed ontvang en die Pastoor het ons daarna vir ete genooi omdat die boodskap hom werklik getref het. Die boodskap het hom vas oortuig daarom het hy besluit om die hele gemeente met die Woord te oortuig dat almal in die rigting van die Hebreeuse herkoms moet beweeg. Sy versoek was dat ons die daarop volgende week asseblief moet terugkeer om die gemeente verder oor die Torah, Heilige Dae ens te leer. Prys Yahweh! Later die aand het die lang reis begin oor die Stille Oseaan deur Taiwan na die Filippyne. Met nederigheid dink ek terug na dit wat ons tydens ons besoek daar gesien en beleef het. Daar is 'n uitdrukking wat lui: "Ek het gedink ek was swak, want ek het geen skoene nie, totdat ek 'n man ontmoet het met geen voete." Dit was ons almal se ervaring in die Filippyne. Ek het gedink ek het armoede gesien en ervaar by die broeders in Afrika, maar die situasie was veel erger in die Filippyne. Baie broeders is plakkers. Dit beteken dat hulle geen grond besit nie en leef op enige stuk grond wat beskikbaar is. Die regering kan hulle ter enige tyd, soms geweldadig, van die plakkers grond ontruim.

Die gemiddelde loon in die Filippyne is $5 per dag, werkloosheid nagenoeg 25% of hoër. Baie van die broeders in die gemeente is werkloos. Een van die redes vir die hoë werkloosheids syfer in die gemeentes is omdat die meeste Filippynse broeders gedwing word om op die Sabbatdag te werk as hulle hul werk wil behou. Dit plaas selfs meer druk op die Filippyne wat wel werk. Die meeste broerders kon nie eens die $1 of $2 busgeld bekostig om na die Sabbatdiens te kom nie. Baie van die Filippynse weduwees ontvang geen finansiële hulp nie en het soms nie kos om te eet nie.

Die misdaad syfer is relatief hoog en baie loop die risiko om in die strate aangeval te word. Die regering is korrup en gee min om, indien wel vir hul mense. Daar is byna geen pensioen of gesondheidsorg vir die armes nie. Mense leef van dag tot dag, omdat hulle nie 'n ander keuse het nie. Daar is min hoop van enige verandering in die toekoms.

Groot was ons verbasing dat selfs onder die neerdrukkende, slegte toestande was die bui van die Fillipynse broerders, susters en kinders vrolik en ons was met groot opgewondenheid gegroet. Ouderling Rodolfo Malapit, die hoof ouderling in die Filippyne het ons met groot blydskap ontvang.

Hy het die geskiedenis van die Sabbat-houers in die Filippyne met ons meegedeel en vertel dat sy pa die beweging in 1943 begin het. Op daardie tydstip was sy pa, Polycarpus Malapit, lid van die 'Church of God 7th Day'. In 1950 het hy by die Heilige Naam beweging aangesluit onder leiding van ouderling Clarence Dodd wie mede skrywer was in sy tydlose boek getiteld: “A True History of the True Church”.

Sedertdien is verskeie gemeentes gestig, soveel so, dat daar meer as 1000 broers in die Filippyne is.

Twee busse was gehuur om broeders en susters van verskillende gebiede na die diens te bring sodat hulle mede gelowiges kon ontmoet. Ons was in die geseënde posisie om middagete te voorsien vir 'n samesyn maaltyd na die diens, aangesien hulle finansieel nie daartoe in staat was om kos saam te bring nie. Daar was ongeveer 140 mense teenwoordig. Die atmosfeer was gevul met vreugde en opgewondenheid oor die boodskap van hoop en eenheid.

Later die dag was 'n Ouderling vergadering gehou met ongeveer 14 ouderlinge wat by die diens teenwoordig was. Ek was vooraf in kennis gestel dat die verskillende groepe vir bykans 40 jaar geskei was. Gedurende die vergadering het dit duidelik geword dat hulle kragte wou saamspan met die gemeente van Yahweh, Jerusalem. Ek verwelkom die geleentheid om hulle te help en saam met hulle te werk. Verteenwoordigers van gemeentes wat voorheen verband gehou het met die Jacob O Meyers Assembly of Yahweh, YNCA (Yahweh's new Covenenant Assembly), asook verskeie ander groepe wat losweg gekoppel was aan die voormalige Worldwide Church of God en ander Heilige Naam bewegings was teenwoordig. Met nederigheid is ek dankbaar en verjeug dat hulle almal met ons wou verenig. Op hierdie tydstip is daar ongeveer 60 gemeentes wat kragte saamspan met die Congregation of Yahweh, Jerusalem.

My vraag aan hulle was, waarom hulle met die Gemeente van Yahweh, Jerusalem geassosieer wou wees? Hulle het met my meegedeel dat ons die enigste groep is wat uitreik om die Fillipino broerders te help in hul stryd vir oorlewing aangesien meeste ander ministeries hulle nie besoek nie, want dit is nie in hul finansiële belang of tot hul voordeel nie. Dit was ontmoedigend om te hoor dat so baie in leierskap posisies vanuit die VSA die evangelie verkoop en voortdurend geld van die armes vra in plaas daarvan om hulp aan die armes te gee. Gemeentelede van regoor die wêreld moet dit stop. Ek doen 'n dringende versoek aan elkeen wat 'n katalogus besit ten einde die Woord van Yahweh te verkoop moet gemerk word en julle moet julself van hulle distansieer. Dit is die enigste manier dat sommige van hulle tot bekering gebring sal word.

Meeste van ons in die weste besef nie hoe dankbaar ons kan wees vir die vele, fisiese seëninge wat ons het nie en hoeveel ons broers regoor die wêreld ly nie. Onlangs het sommige van ons Fillipynse broerders hul huise en al hul besittings verloor weens vloede en modderstortings. Ons het klere en finansiële hulp aan hulle gestuur in 'n poging om hulle te help om die tragedie van hul situasie te oorleef.

In 2005 het orkaan Katrina in die VSA verwoesting gesaai, die enigste verskil was dat die regering en versekering die meeste Amerikaners (alhoewel nie almal nie)die geleentheid gegee het om dit wat hule verloor het te herbou en in staat gestel het om aan te beweeg. Dit was nie die geval in die Fillipyne nie. Niemand in die Filippyne kan versekering bekostig nie. Die meeste sal nooit van hul tragiese omstandighede herstel nie. In beide scenario's, Katrina en die Filippyne was daar ook die tragiese verlies van lewe.

Ons het byna elke sent wat ons na die Filippyne geneem het, as hulpverlening aan die Fillipynse broeders gegee, maar dit het skaars 'n duik gemaak in die omvang van hul probleme. Die bietjie wat ons kon gee het vir hulle hoop gegee dat broerders regoor die wêreld hulle wil help en vir hulle bid. Ons het verskeie programme vir die armes en weduwees begin en was in staat om geld te gee vir 'n ouderling wie sy gehoor apparaat 15 jaar vantevore verloor het. Dink net daaraan, indien enige van ons 'n gehoor apparaat verloor sou dit waarskynlik binne 'n week of so vervang kon word, maar hierdie man, soos die meeste van die Filippyne, moes vir iemand wag wat Yahweh op sy pad sou stuur om die geld vir 'n nuwe gehoor apparaat te gee.

Ons sal voortgaan met hulp verlening aan die Fillipynse broeders sodat daar verligting kon aan die probleme wat hulle daagliks in die gesig staar. Ek en Petra het dit met hulle meegedeel dat ons ook deur die geloof leef en was in die geseënde posisie om as afgevaardigde, ambassadeurs na die Fillipyne te kon gaan as gevolg van broeders wat die projek gefinansier het. Ons bedank elkeen vanuit die diepte van ons hart. Jy het gehelp om 'n groot verskil aan die broerders se situasie daar te maak. Ons sal voortgaan om hulle te help, soos Yahweh ons seën om dit te doen. As dit jou na aan die hart lê om die projek finansieël te ondersteun, skryf

"FILLIPINO PROJECT" op u tjek. Ons bedank elkeen vir hul gebede wat ons tydens die reis geddra het en die liefde wat julle aan ons betoon.

Met Pasga wat naderkom, het ek 'n nederige waardering vir die wonderlike liefde en genade wat ons Hemelse Vader aan ons bewys het deur Sy enigste Seun, Yahshua na ons te stuur sodat Hy vir ons sondes gesterf het. Ek is ontnugter met die verantwoordelikheid wat Yahweh aan ons toevertrou om die werk namens Hom te doen. Ons moet begin om 'n verenigde fokus te kry na die eindtyd werk van Yahweh vir die liggaam van die Messias. Dit is nie 'n 'one-man show' nie, maar ons is lede van die een liggaam en saam broers en susters tot verheerliking van Yahweh. Dit is ontstellend om te sien dat sommige gemeentelede van die Messias onder sulke ellendige toestande leef. Sommige van die Fillipynse ouderlinge staan reeds 40 jaar in Yahweh se diens en het geen vooruitsig na aftrede of pensioengeld om van te leef nie. Ten spyte daarvan is dit verblywend om te sien dat hulle glo en vertrou dat hul beloning sal kom met Yahshua se wederkoms. Woorde kan nie beskryf hoe geseënd en gelukkig ek voel dat Yahweh my toegelaat het om die mense te kon ontmoet en te hulp staan nie. Ek beklemtoon weereens die feit dat dit alles moontlik gemaak was deur die wonderlike, liefdevolle mede-werkers in die oes soos uself wat geldelike offers gemaak het sodat ons vir minder bevoorregte skape van Yahshua kan sorg.

Mag Yahweh elke een van julle seën vir jul opofferinge en diens aan Hom tydens hierdie spesiale Pasga-seisoen.

" Persoonlik ... ... ... ... ... ... ... (Oktober 2006)"

Shalom in die wonderlike name van Yahweh en Yahshua. Ek het sopas teruggekeer van 'n asemrowende en mees wonderbaarlike reis na Uganda saam met broeder David Erb van Alabama. Dit was werklik 'n wonderlike sending reis.

Dit was die eerste sendings reis wat ek na Uganda onderneem het aangesien daar nie 'n bestaande gemeente van Yahweh in Uganda was nie en ek ook niemand geken het het nie. Terwyl ek die afgelope somer in Amerika was, het ek getuienis gelewer dat Yahweh gereed was om groot deure in Uganda oop te maak en dat dit my opdrag is om daarheen te gaan. Ek kyk nou terug na die sending wat ons onderneem het en besef dat dit die seën van my lewe was om die roeping na Uganda te aanvaar.

Nehemiah, 'n pastoor van Uganda het 'n 4-dag konferensie gereël waarvan ek die gasspreker was. Vir die eerste keer het die mense in Uganda die ware Naam van ons Skepper gehoor, dat Hy 'n Sabbat verbond met die kinders van Israel het en dat Yahweh se Wet nie aan 'n kruis gespyker was nie, maar nogsteeds, tot vandag toe nog van toepassing is.

Ek het vooraf gebid vir Yahweh se leiding en gevra dat Hy aan my bekendstel hoe en waar ek moet begin om die mense te leer van Hom. Hulle het dan nie eens geweet wat die grondliggende leerstellings was nie. Ek het vier boodskappe voorberei, een vir elke dag van die konferensie. Elke dag toe ek op die preekstoel staan, gereed met my notas van die beoodskap vir daardie dag het ek na die Vader se stil sagte stem geluister, my notas weggesit en oor 'n heeltemal ander onderwerp begin praat as wat ek voorberei het. Alhoewel dit nie die eerste keer was dat Yahweh my gelei het om 'n ander boodskap op die kansel te gee nie, was dit die eerste keer dat ek elke voorbereide boodskap opsy geskuif het om 'n ander te gee.

Die eerste dag was daar ongeveer 100 mense teenwoordig. Die fokus van die boodskap was om die ware Naam van die Skepper aan die gehoor bekend te stel. Na die tyd het die gehoor baie vrae gehad. 'n Klein seuntjie van ongeveer 9 of 10 jaar oud het na vore gekom en gevra: "As ons Skepper se naam nie Here is nie, en ook nie God nie, moet ons Hom dan nie op Sy regte naam Yahweh aanroep nie?" Die reaksie van die gehoor was 'n dawerende toejuiging en applous. Ek was nie seker hoe die mense die boodskap ontvang het tot die volgende dag toe die mense na die preekstoel gekom het en in plaas om te sê: "Dank aan God", het hulle begin sê "Dank aan Yahweh".

Ek het verduidelik dat alhoewel hulle die Skepper se naam verkeerd gehad het dit op geen manier hul verhouding met Hom minder sou maak nie aangesien hulle die karakter van Sy Gees geken het al het hulle nie Sy Naam geken nie. Hulle het 'n groot waardering hiervoor gehad en dit was baie goed ontvang.

Die tweede dag het Yahweh my gelei om aan hulle, hul Israelietiese erfenis te openbaar. Die gehoor was verstom en hul oë het vol trane geskied toe hulle uitvind dat hulle werklik ook kinders van Israel is. Die pastoor het aan my verduidelik dat dit baie vrae beantwoord omdat die Bantoe (betekende "My mense")die enigste stam in Uganda was wat nie hul agtergrond verby hulle grootouers ken nie en dat hulle hunker om te weet wie hulle is en waarvandaan hulle kom. Hos 1:10 Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende Elohim.

Om die beurt het elk van die stam ouderlinge beaam en verduidelik hoe hulle geweet het dat dit wat ek gesê het korrek was. Besoekende argeoloë het met hulle meegedeel dat hulle ploeë presies ooreenstem met die ploeë vanuit antieke Israel. Selfs hulle manier van landbou, by die dorsvloer, die ploeg van graan, ens was dieselfde manier waarop die Israeliete van ouds dit gedoen het. Die enigste verduideliking waaraan hulle kon dink was dat hulle voorvaders wat van Ethiopië en ander gebiede migreer het die tradisies saam met hulle gebring het en dit so aan hul kinders geleer het. Verder het hulle getuig dat die woord, Emmanuel, in hulle stam taal gebruik word en selfs 'n vorm van die heilige Naam van Yahweh, in plaas van die woord Here. Hulle kon nie verduidelik hoe hulle dit alles geweet het nie. Dit het meteens vir hulle duidelik geword dat hul voorvaders ook deel van die verlore stamme van Israel moes wees, daarom het hulle my boodskappe met ope arms verwelkom en was verjeug in die goeie tyding wat soveel dinge aan hulle kon verduidelik.

Dit was vir my 'n groot eer en voorreg dat ons Hemelse Vader my gebruik het om hierdie verlore skape van Israel te vind en die ware evangelie met hulle te deel. Ek het nog nooit in my lewe gesien dat mense so geredelik en gretig die die waarheid ontvang en aanvaar nie.

Elke dag het meer en meer mense vir die konferensie opgedaag. Die vierde en laaste dag was daar ongeveer 300 of 400 mense teenwoordig. Die boodskap het gehandel oor die Sabbat verbond. Na die boodskap het 'n paar Pastore na vore gekom met trane in hul oë. Hulle het voor hul gemeentelede berou oor die vals leerstellings wat hulle onderrig het en het belowe dat hul Sabbat dienste die volgende sal begin. Ek het nog nooit so 'n massa bekering beleef nie.

Die Almagtige Vader het verskeie wonderwerke en genesings laat plaasvind om te bevestig dat Sy woord en Wet vir ewig staan. Een man was so siek dat sy familie hom nie eens uit die bed kon optel om op 'n draagbaar na die konferensie te bring nie. Hulle het nie gesê wat sy siekte was nie, maar van die beskrywing van die simptome het dit geklink asof dit vigs kon wees. Hulle het die gemeente en vir my gevra om vir die siek man daardie aand te bid. Die volgende dag was hy heeltemal genees! Lofprysing aan Yahweh vir die wonderwerk.

Ek het 'n uitnodiging van die president van Uganda en sy vrou ontvang om hulle by die Presidensiële woning te besoek. Dit was ons laaste dag in Uganda en sou die besoek kon inpas voordat ons by die lughawe moes wees. Toe ons op die punt staan om te vertrek het die pastoor van Uganda se motor probleme gegee. Die president se vrou het ook laat weet dat sy 'n spesiale vergadering van die parliament moes bywoon, maar wanneer ons by die Presidentiële woning arriveer sou haar persoonlike sekretaris ons ten woord staan. Dit was die bedekte seën van die dag. Indien die beplande besoek plaasgevind het met die president en sy vrou, sou dit miskien 'n 15 minute besoek wees met en 'n foto geleentheid. Ons Almagtige Vader het my toegelaat om vir 90 minute met die Sekretaris te praat oor die hele evangelie boodskap deur middel van die 12 stamme van Israel. Teen die einde van die vergadering was die dame in trane en het my boeke geneem en belowe om dit aan die president se vrou te gee. Sy het my verseker dat ek wel van die president se vrou sal hoor en dat ek ook persoonlik aan haar kan skryf.

Ek het my wonderlike ondervindinge tydens my besoek aan Uganda met die Sekretaris meegedeel en dat Yahweh, Uganda en die kinders van Israel wat daar woon teruggeneem het. Verder het ek haar herinner aan die gebeure rondom 1948 toe die VN die moderne nasie van Israel gestig het. Hulle het gestem en byna die land van Israel in Uganda geplaas omdat baie van die Jode daar gewoon het. Toe Edi Amin aan bewind kom het hy egter probeer om Uganda 'n Moslem staat te maak en het die Jode vanuit Uganda verdryf. Die seën van Yahweh was daarna nie meer met Uganda nie, maar Sy seën sal terugkeer na die nasie as hulle voortgaan om die volk van Israel te ondersteun. Dit was die persoonlike boodskap wat die Sekretaris aan die President van my af moes oordra. Nog 'n bewys dat Yahweh se seën na Uganda terugkeer is die skietstilstand wat in werking getree het op dieselfde dag toe ons in Uganda gearriveer het. 'n Burgeroorlog het vir meer as 20 jaar in Uganda geheers en wonderbaarlik, op die dag van ons aankoms het 'n skietstilstand en samesprekings van vrede in werking getree wat die weg gebaan het om te bewys dat ons in die Naam van Yahshua, die Prins van Vrede, gekom het.

Woorde kan nie beskryf hoe geseënd ek en broeder David is dat Yahweh ons gekies het om die ware evangelie boodskap aan Uganda te kon bring nie. Die ontvanglikheid, ywer en liefde wat die Ugandese mense aan ons bewys het staan kop bo skouers uit van die besoek aan daardie land. Die meeste mense in Uganda maak slegs 1 of 2 dollar per dag, maar dit weerhou hulle nie om hul beste aan hul werkgewer te gee nie. Hulle is trots op dit wat hulle doen, daarom lewer hulle die beste tot hul vermoëns. Een voorbeeld hiervan was die man wie vir ons gekook het. Ten spyte van die feit dat hy 'n familie het, het hy die hele tyd by ons gebly net in geval ons'n behoefte aan iets gehad het in die middel van die nag. Nog 'n voorbeeld van hul gasvryheid is dat, indien ons 7 of 8 uur laat sou wees vir 'n besoek of 'n maaltyd, die familie sou wag en die bietjie kos vir ons as besoekers sou gee omdat hulle so hul gaste se teenwoordigheid verwelkom.

Ons nuwe broers en susters moet in gebed aan Yahweh opgedra word, veral die pastore wat nou die waarheid aan hul gemeentelede verkondig. Die pastore staar ook vervolging in die gesig van die vals, geld-honger-Sondag-pastore wat hierdie arm, toegewyde mense vir so lank mislei het. Daar was nie tyd vir 'n massa doop van nuwe bekeerlinge nie, daarom het ek net een van die pastore in die water gedompel (doop) en hande opgelê vir die oordrag van die Heilige Gees. Die pastoor sal die anders pastore en bekeerlinge herdoop. My gebed vanaand aan Yahweh is dat Sy mense regoor die wêreld in liefde vir die waarheid ywer, netsoos die Ugandese Broeders dit gedoen het. Elkeen van ons moet ons trou klere voorberei en skoonhou vir die koms van die Bruidegom. " HalleluYAH" !!!!!!! .




      B'Shem Yahshua,
                                Don

Congregation of YHWH
P.O. Box 832
Carteret, NJ 07008

Laaste verander: Aug 2023Rig tegniese navrae aan: E-Mail