Die gemeente van YHWH, Jerusalem verwelkom u.


Tuis
Bekendstelling

 Vir aflaai:

Audio
Radio programme
Video
Studie materiaal
Boeke
Bybel
Dienste

Mat 24 Project
Wêreldnuus
Feeste
Skool

Gebed
Informasie vanuit Israel




Boeke

Die boeke word as geskenk aan u gegee. 'n Kort beskrywing van die inhoud volg. Klik vir aflaai!
 

Indien u verkies om die boek te besit, bestel dit by die onderstaande adres en dit sal as GESKENK gepos word.

Congregation of YHWH
P.O. Box 832
Carteret, NJ 07008

   
Aflaai!   Aflaai!   Aflaai!

In engels beskikbaar!

Vrywaring
Die boeke mag gekopieër en gedeel word met ander op voorwaarde dat die inhoud nie verander word nie! Deur die aflaai van die boeke aanvaar u outomaties hierdie ooreenkoms.

BOEK BESKRYWINGS
DIE GEKOSE VOLK

As iemand jou vra wat die goeie nuus of evangelie boodskap was wat Yahshua die Messias 2000 jaar gelede na die aarde gebring het, wat sou jou antwoord wees? Meeste mense wat aan die vervanging teologie glo is van mening dat Yahweh eerste besig was met die Jode totdat hulle Sy Seun, Yahshua verwerp het en dat Hy nou werksaam is onder die heidene of Nasies (in Hebreeus beteken "goyim" nasie). Die vervanging teologie is ver van die waarheid verwyder. In die boek word dit bewys dat Yahweh, Abraham en sy nageslag gekies het om Sy ewige verbond mee te sluit, as gevolg van Abraham se gehoorsaamheid en geloof in Yahweh, daarom selfs 3800 honderd jaar later werk Yahweh nogsteeds met dieselfde saad van Abraham: Die 12 stamme van Israel.

Die boek neem die leser terug na die oorspronklike bloed verbond met Abraham. Die Diaspora van Israel en Juda word bespreek en daar word gefokus op die bevele wat Yahshua aan Sy dissipels gegee het. Die leser sal besef dat die verbond asook Yahshua se bevele vandag nog van toepassing is. Die meeste mense is onbewus van die Hemelse Vader se Meesterlike plan van Verlossing. Die rede hiervoor is dat teologiese leiers nie hul Bybels korrek lees of interpreteer nie en ook nie die ware historiese rekords van ons voorvaders in ag neem nie. Hulle herhaal net die tradisionele teologiese geloofs belydenis wat nie deur die geskiedenis ondersteun word nie. Volgens die Bybel is Yahweh die Elohim van Israel.
Amos 3:2 Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte van die aarde; dáárom sal Ek by julle besoeking doen oor al julle ongeregtighede.
Yahweh het 'n verbond met Abraham en sy nageslag gesluit om te verseker dat Yahshua die Messias vanuit 'n suiwer en regverdige lyn gebore sou word. As gevolg van ongehoorsaamheid het Yahweh die nasie van Israel in ballingskap laat neem, maar met die belofte dat Hy hulle weer na die land van Israel sou vergader net voor en gedurende die Messiaanse era. Die boek vertel die wonderlike verhaal van die ewige verbond en die vervulling van die belofte dat die Messias 12 stamme van Israel na hul land sal terugneem.
Amos 9:14 En Ek sal die lot van my volk Israel verander, en hulle sal die verwoeste stede bou en bewoon, ook sal hulle wingerde plant en die wyn daarvan drink, en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet. Amos 9:15 En Ek sal hulle plant in hul land, en hulle sal nie meer uitgeruk word uit hul land wat Ek hulle gegee het nie, sê Yahweh jou Elohim. Ese 37:19
sê dan vir hulle: So spreek Adonai Yahweh: Kyk, Ek sal die stuk hout van Josef neem, wat in die hand van Efraim is, en die stamme van Israel, sy bondgenote, en Ek sal hulle by hom voeg, by die stuk van Juda, en hulle een stuk hout maak; en hulle sal een word in my hand. Ese 37:21
en sê vir hulle: So spreek Adonai Yahweh: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land. Ese 37:22
En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een Koning sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie.


DIE GROOT AFVALLIGHEID

Die boek, "Die Groot Afvalligheid" is gratis beskikbaar op die webtuiste en dokumenteer die geskiedenis van die eerste gemeente, gestig deur Yahshua en hoe dit stelselmatig oor 'n tydperk van 300 jaar verander was tot en met die kruin van veranderinge wat plaasgevind het ten einde die heersing van Konstantyn die Grootte, 325 AD. Almal wat hulself as ware gelowiges beskou moet met eerlikheid die vraag beantwoord: “Wie volg ek?” Die geloof ingestel deur Yahshua ons Verlosser in 30 AD, of die geloofsinstellings van Konstantyn in 325 AD. Die verskil is drasties. Die een, 'n Hebreeuse Gemeente met 'n Hebreeuse Verlosser wat die Torah gehoorsaam. Die ander, 'n vervalsde, wettelose kerk geseël met mensgemaakte verordeninge ingestel deur Konstantyn.


Indien u belangstel om die boeke "Die Groot Afvalligheid" of "Die Gekose Volk" te besit kan dit skriftelik aangevra word by die onderstaande adres.

Congregation of YHWH
PO Box 832
Carteret, NJ 07008







Laaste verander: Aug 2023Rig tegniese navrae aan: E-Mail