| 
                                                
 Vir die
                                                      geleentheid van 'n
                                                      leeftyd! Skryf in as
                                                      student om deel te neem
                                                      aan die mees
                                                      unieke, leersaamste
                                                      program in Israel.
 
 Neem deel aan 'n hoër
                                                      onderwys Bybelse Seminaar
                                                      in die skilderagtig mooi
                                                      omgewing van Galilea wat
                                                      jou lewe sal verander.
 
 
 
 En
                                              leer van die vyeboom hierdie
                                              gelykenis:... (Matt 24:32) 
  Die 'Return to the Land' program was
                                            saamgestel deur die HaYahad Bybel
                                            Seminaar in samewerking met Joodse
                                            organisasies in Israel
                                            sodat die nasies kan ervaar en
                                            verstaan wat presies betrokke was by
                                            die stigting van die moderne staat
                                            van Israel.
                                            Ons leef in die mees fantastiese tyd
                                            in die geskiedenis van die mensdom.
                                            Ons leef in die tyd waar Israel 'n
                                            nasie geword het na 2520 jaar van
                                            diaspora en gegroei het in die
                                            wonderlike land wat hulle vandag is.
                                            Die stryd om hul vaderland te herwin
                                            het nie maklik gekom nie. Dit het
                                            harde werk, toewyding en seën van
                                            die Hemelse Elohim geverg om dit 'n
                                            werklikheid te maak.
                                            Die program fokus daarop om
                                            verteenwoordigers van die nasies die
                                            stryd, swaarkry en
                                            deursettingsvermoë te laat verstaan
                                            wat ons
                                            broerstam Juda moes deurmaak om te
                                            kom waar hulle vandag is.
                                            Seminaar lesings word afgewissel met
                                            verskeie sprekers wat hul lewens
                                            ervarings met die groep deel, soos
                                            holocaust oorlewendes,
                                            verteenwoordigers van die eerste
                                            Kibbutzim wat gestig was toe die
                                            eerste groep Jode na die Land
                                            teruggekeer het, asook jong
                                            Israeli's wat leer hoe om hul plek
                                            in die moderne samelewing vol te
                                            staan. Verder sal die groep ook
                                            toegespreek word deur senior
                                            militêre amptenare en jong
                                            Israeliese soldate in die poging om
                                            die groep te laat verstaan waardeur
                                            hulle op 'n daaglikse
                                            basis gaan as gevolg van hul vyande
                                            wat hulle wil vernietig. Studente is
                                            in die bevoorregte posisie om na
                                            argeologiese terreine asook militêre
                                            instellings te gaan. Besoek word
                                            afgelê by die Yad Vashem Holocaust
                                            museum wat studente ten volle help
                                            verstaan waardeur die Joodse volk
                                            moes gaan en watter opofferinge
                                            hulle moes maak om vandag as nasie
                                            erken te word. 
 
 
 WORD 'N AMBASSADEUR
                                                  VIR ISRAEL 
 
                                              2 Kor 5:20 Ons tree dan op
                                              as gesante om Yahshua se wil,...
                                              
 Op 20:6 ...maar hulle sal
                                              priesters van Elohim en van
                                              Yahshua wees en sal saam met Hom
                                              as konings regeer duisend jaar
                                              lank.
 
  Volgens die Skrif is dit duidelik
                                            dat ware gelowiges konings en
                                            priesters in die Koninkryk van die
                                            Allerhoogste Elohim sal wees en dat
                                            ons nou ambassadeurs vir Yahweh se
                                            vinnig komende Koninkryk is. Die
                                            doel van die studente opleiding is
                                            om jouself voor te berei vir die
                                            belangrike taak. Ambassadeurs word
                                            nie net uitgestuur nie, maar opgelei
                                            om die posisie te beklee na die land
                                            waarheen hulle gestuur word. Daar word werklik gefokus op die
                                            opleiding van studente, jonk en oud,
                                            om leierskap posisies in te neem
                                            asook wat die optrede
                                            behoort te wees van 'n ware
                                            ambassadeur. Die program is vir jou
                                            as jy 'n skoolverlater is en jou
                                            lewe wil toewy aan Elohim as
                                            dienaar, en of jy dalk ouer is en
                                            die volgende stap in jou roeping wil
                                            aanvaar om 'n meer volledige rol te
                                            vervul in die versorging van ons
                                            Hemelse Vader se kinders.
 Kinders in koninklike families word
                                            van kindsbeen opgelei as troon
                                            opvolgers. Menigte van ons spandeer
                                            of het al 'n aantal jare aan
                                            wêreldse leerinstellings, sekulêre
                                            vaardighede aangeleer wat heel
                                            waarskynlik nie in die Koninkryk
                                            gebruik sal word nie. Dink jy nie
                                            dat
                                            'n paar maande van jou lewe die
                                            moeite werd sal wees om vaardighede
                                            aan te leer wat jy saam met jou sal
                                            neem en gebruik in ons Hemelse
                                            Vader se Koninkryk?
 
 
 
 SKOOL KAMPUS Geleë op die oewers van die See van
                                            Galilea is die kampus vir die
                                            "Return to the land" program. Die
                                            kampus word omring deur blomme en
                                            vrugte bome in 'n pragtige park. Die
                                            kamers word toegerus met
                                            lugversorging en 'n TV. Dubbel
                                            kamers is beskikbaar vir getroude
                                            pare asook groter kamers vir
                                            studente met volwasse kinders. 'n
                                            Studente sentrum word gebruik word
                                            vir klasse en lesings.
 Klem word gelê op die gemeenskaplike
                                            aspek van die program aangesien die
                                            program oor 'n paar maande strek. Om
                                            saam met ander in 'n
                                            gemeenskaplike omgewing te leef is
                                            iets wat die Israeliete van ouds
                                            goed geken het, maar in die moderne
                                            tyd waarin ons leef is dit meestal
                                            vreemd vir westerlinge.
 Die onderrig fokus om mans vir
                                            leierskap posisies in hul gemeenskap
                                            op te lei, gegrond op respek vir
                                            ander en hoe om hulself in hul
                                            roeping te dissiplineer. Die
                                            onderrig vir vroue word gebasseer op
                                            die beskeie en heilige voorbeeld van
                                            Sarah van ouds. Slegs dié wat
                                            nederig van gees is sal baatvind by
                                            die opleiding van die program.
 Sedert die begin van die program het
                                            ons besef hoe belangrik dit is om
                                            mense te help verstaan wat die
                                            kulturele aspek is om in 'n
                                            gemeenskaplike omgewings verband met
                                            ander saam te woon, soos dit in
                                            antieke Israel sou wees. Dit sal 'n
                                            aanpassing wees vir baie wat uit die
                                            weste kom, maar dit is ook 'n
                                            wonderlike ervaring wat mense in
                                            staat stel om ander broeders en
                                            susters van regoor die wêreld te
                                            ontmoet en werklik te leer ken. Die
                                            HaYahad / 'Return to the Land'
                                            program bied jou die wonderlike
                                            geleentheid om langer as gewoonlik
                                            in Israel aan te bly. 'n Verlengde,
                                            vrywilliger program word ook
                                            aangebied vir diegene wat langer in
                                            Israel wil aanbly.
 Weens die aard van die program
                                              is die minimum aansoek ouderdom 18
                                              jaar. Aansoeke vir studente met
                                              kinders sal oorweeg word
                                              aangesien kinders ook op die
                                              kampus woonagtig sal wees, maar
                                              nie ingeskrewe studente sal wees
                                              nie.
 
 
 
 STIGTER EN
                                                    PRESIDENT Don Esposito is sedert 1996 die
                                              hoof ouderling vir die Gemeente
                                              van Yahweh, Jerusalem. Don en sy
                                              vrou, Petra, het sedert 1998
                                              pelgrims reisegers
                                              na Israel begelei.
 | Sedert die begin was pelgrims
                                            reisigers vanuit die Skrif geleer
                                            oor die Land verbond met Israel en
                                            dat Israel die beloofde land aan die
                                            nasie van Israel was sedert die
                                            vroegste tye. 
 Sedert 2001 word die drie pelgrims
                                            feeste van Pasga, Shavuot, en Sukkot
                                            in Jerusalem aangebied, volgens Deut
                                            16:16. Almal word aangemoedig om na
                                            Jerusalem te kom en hul land van
                                            herkoms te besigtig as 'n voorskou
                                            van die duisendjarige Koninkryk van
                                            Israel en die seën oor die nasies
                                            (Sagaria 14) wat hulle ondersteun.
                                            Soms is daar mense van ongeveer 25
                                            nasies teenwoordig by die Feeste.
 Die oorblywende tyd van die jaar
                                            doen Don en sy vrou humanitêre
                                            uitreikwerk na suster gemeentes.
                                            Besoek was reeds afgelê en hulp
                                            verleen
                                            aan Kenia, Uganda, die Filippyne,
                                            Soedan, Ethiopië en vele ander
                                            plekke. Fondse is alreeds ingesamel
                                            ten bate van haweloses om
                                            sopkombuise en 'n heenkome vir
                                            volgelinge te bou.
 In 2004, is die HaYahad program
                                            begin op die Kibboets Ginnosar. Die
                                            program word geadministreer as 'n
                                            nie-kerklike instelling om mense van
                                            alle agtergronde bekend te stel aan
                                            hul Hebreeuse herkoms en die antieke
                                            Israelitiese kultuur. Die program
                                            word aangebied in samewerking met
                                            gelisensieerde argeoloë van die
                                            'Israeli antiquities' departement.
                                            Tydens velduitstappies word
                                            argeologiese terreine besoek wat die
                                            akkuraatheid en waarheid van die
                                            Tanach bewys deur middel van
                                            ontdekte artifakte. Verder word die
                                            belangrikheid van die Hebreeuse taal
                                            beklemtoon om die Tanach ten volle
                                            te verstaan sodat vals leerstellings
                                            en vervangings teologie
                                            geindentifiseer kan word.
 Gedurende Don en Petra se
                                            wêreldreise was hy geseënd om
                                            gehore, selfs
                                            hoogwaardigheidsbekleërs toe te
                                            spreek. Sy fokus is altyd om die
                                            boodskap oor te dra dat nasies
                                            geseën word wat met Israel saamwerk
                                            asook die belangrikheid van die
                                            Israeliete van die begin tye tot
                                            nou.
 
 
 
 UITSTAPPIES  
                                                Maandeliks word een of twee
                                            uitstappies na die volgende plekke
                                            gereël:
 
                                              'n Israeliese nedersetting.
                                                Studente word toegespreek deur
                                                mense wat daar woon oor wat
                                                hulle opgeoffer het en hoe die
                                                nedersetting ontwikkel was.
                                                
                                              
                                               Besoek aan 'n landbou
                                                Kibbutzim verskaf meer inligting
                                                oor die organiese groei van vars
                                                produkte en wat betrokke was met
                                                die begin van die Kibboets
                                                beweging in Israel.
                                                
                                              
                                               Yad Vashem, die Holocaust
                                                Museum. Studente sal insae kry
                                                in die opofferinge wat die
                                                Joodse volk moes maak ten einde
                                                die stigting en bewoning van die
                                                moderne staat van Israel.
                                                
                                              
                                               Besoek aan 'n militêre
                                                instelling. Studente sal hoor
                                                hoe dit vir jong Israeli's is om
                                                by die weermag aan te sluit om
                                                hul vaderland te beskerm.
                                                
                                              
                                               'n Besoek aan die Knesset se
                                                wetgewende tak verskaf inligting
                                                oor die vorming van moderne
                                                Israel.
                                              
                                               Besoeke aan die woestyn en
                                                argeologiese terreine om die
                                                toepaslikheid en verband van
                                                antieke Israel te verstaan en
                                                die vorming van die moderne
                                                nasie.
                                                
                                              
                                               By die Bybelse park, Neot
                                                Kedumin, leer studente hoekom
                                                verskeie plante en vrugte van
                                                die Bybel van toepassing is op
                                                ons lewens. 
 
 
 BYBELSE ARGEOLOGIE 
 
    Argeologie is 'n relatief nuwe
                                            wetenskap wat oor 'n tydperk van 130
                                            jaar ontwikkel is. Deur middel van
                                            argeologie word baie Bybelse plekke
                                            en stories bekragtig en die
                                            integriteit van die Bybel word
                                            daardeur gehandhaaf. Bybelse argeologie is die hoeksteen
                                            om aan enige skeptikus die waarheid
                                            van die Skrif te bewys. Van die top
                                            argeoloë in Israel, soos Yossi
                                            Stepansky en
                                            Danny Herman is dosente by die
                                            HaYahad skool.
 
 
 Die HaYahad program het 'n drie-fase
                                            argeologiese program. Fase een begin
                                            in die klaskamer om te leer van
                                            Bybelse argeologie. Fase twee is die
                                            besoek aan argeologiese terreine om
                                            te sien hoe Israeliete van ouds
                                            geleef het en fase drie is die
                                            moontlike deelname aan argeologiese
                                            aktiwiteite. Studente sal geseënd
                                            wees om die 'Israeli Antiquity'
                                            Departement se hoofkwartier in
                                            Jerusalem te besoek.
 
 
 
 ULPAN 
 
 
  Hebreeus is die oorspronklike taal
                                            van die Bybel en ook die taal waarin
                                            die Tanach geskryf was. Nehemia het
                                            die volk geskel en gestraf omdat
                                            hulle kinders nie Hebreeus kon praat
                                            nie.
                                            Neh 13:24 En van hulle kinders het
                                            die helfte Asdodies gepraat, of die
                                            taal van watter volk ook al; maar
                                            hulle kon geen Joods praat nie. Neh
                                            13:25 Daarom het ek met hulle getwis
                                            en hulle gevloek, en sommige van
                                            hulle geslaan en die hare uitgepluk
                                            en hulle by Elohim besweer:...
                                            In die laaste dae sal die Hebreeuse
                                            taal herstel word.
                                            Sef 3:9 Want dan sal Ek aan die
                                            volke rein lippe toebring, sodat
                                            hulle almal die Naam van Yahweh sal
                                            aanroep en Hom met ‘n eenparige
                                            skouer sal dien. Vir hierdie doel is
                                            Hebreeuse taallesse deel van die
                                            kursus om studente in staat te stel
                                            om meer te leer van Bybelse Hebreeus
                                            en ook om die Tanach in Hebreeus te
                                            kan lees. 
 
 
                                                Vir meer inligting in verband
                                                met onkoste en inskrywing,
                                                adresseer korrespondensie aan:
                                                
 The Return to The land Program
 Po Box 832 Carteret NJ 07008
 
 of inligting kan hieronder
                                                afgelaai word.
 
 |