|  
            DOELWITSTELLING:  
			Die gemeente van Yahweh is 'n węreldwye ministerie wat 
			kragtig streef vir die herstelling van die geloof wat 
			aan die oorspronklike gemeente oorgelewer is deur 
			Yahshua van Nasaret, bykans 2000 jaar gelede. 
			Dit word gedoen deur onderrig sonder veroordeling. 
			Die boek, "Die Groot Afvalligheid" is gratis 
			beskikbaar op die webtuiste en dokumenteer die geskiedenis 
			van die eerste gemeente, gestig deur Yahshua, en hoe dit 
			stelselmatig oor 'n tydperk van 300 jaar verander was tot 
			en met die kruin van veranderinge wat plaasgevind het ten 
			einde die heersing van Konstantyn die Grootte, 325 AD. 
			Almal wat hulself as ware gelowiges beskou moet met 
			eerlikheid die vraag beantwoord: “Wie volg ek?” 
			Die geloof ingestel deur Yahshua ons Verlosser in 30 AD, 
			of die geloofsinstellings van Konstantyn in 325 AD. 
			Die verskil is drasties. Die een, 'n Hebreeuse gemeente met 
			'n Hebreeuse Verlosser wat die Torah gehoorsaam. 
			Die ander, 'n vervalsde, wettelose kerk geseël met 
			mensgemaakte verordeninge ingestel deur Konstantyn.                       
 			Klik hier vir meer informasie
             Preke, voortaan genoem, boodksappe is beskikbaar op die 
            webtuiste vir die opbou van gelowiges. 
			Die prediker is Don Esposito wat die Bybelse boodskap 
			aan die hedendaagse gelowige meedeel.
            Klik hier
            vir 'n direkte skakel om 'n boodskap af te laai. 
             'n Maandelikse nuusbrief is beskikbaar met artikels 
            vanuit internasionale koerante wat wys dat Bybelse profesië 
            besig is om voor ons oë af te speel deur węreldse gebeure wat 
            afpyl op die einde van 'n era en die terugkoms van ons Redder, 
            Yahshua die Messias.
            Klik hier vir die nuusbrief.
             
            Die boek "Die Groot Afvalligheid" asook "Die Uitverkore Volk" 
            is verniet beskikbaar.
            Vir meer informasie rakende die inhoud 
            gaan na die boeke afdeling
             Die Gemeente van Yahweh, Jerusalem is in die geseënde posisie
			om die drie Pelgrims feeste te organiseer. Gelowiges van regoor 
			die węreld word hartlik na Jerusalem genooi vir die Pelgrims feeste 
			van Pasga, Shavuot en Sukkot.
            Deut 16:16  “Drie maal in die jaar moet al jou manne voor die 
            aangesig van Yahweh jou Elohim verskyn op die plek wat Hy sal uitkies 
            (1 Kon 14:21); op die fees van die ongesuurde brode en op die fees 
            van die weke en op die huttefees;...” 
            Die Gemeente van Yahweh se hoofkwartier is in Jerusalem waar meeste 
            tyd toegewy word aan die werk van Yahweh. Tyd word ook toegestaan 
            om te reis na die verspreide gemeentes węreldwyd vir hulp verlening en 
            bemoediging. 
            Klik 
            hier vir meer informasie van die feeste. 
             Pelgrims toere deur Israel word aangebied vir Pasga, die Fees van 
            Ongesuurde brood asook Sukkot. Ons reis deur Israel vanaf Dan tot 
            Beer-Sheva, gaan ook na Gomorrah waar reisigers die oorgeblewe as kan sien 
            vanwaar die stad vernietig was met swawel en vuur wat vanuit die hemel 
            gereën het. Besoek word afgelę by die oorspronklike Skelfsee kruising, 
            meer spesifiek die einste gebied in Egipte waar die wiele van strydwaens 
            wat terugdateer na die 14de Eeu BC te sien is. Ons gids is 'n gelisensieerde 
            argeoloog wat sy tesis in Nuwe Testamentiese studies voltooi het. 
             Matt 10:8 "Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee. 
            "Ons leef en doen volgens die Woord, daarom is die boodskappe en boeke verniet. 
            Onkostes word gedek deur die tiendes en vrywillige offergawes van die broeders 
            en susters van die gemeente. Geldelike bydraes word verwelkom.
             Alhoewel ons nie op hierdie stadium persoonlike e-posse ontvang nie nooi ons 
            jou hartlik uit om 'n geskrewe brief te pos aan:
            Congregation of YHWH
 
 
 
 
 P.O. Box 832
 Carteret, NJ 
            07008
 
 
 |